SECUNDA - AMATEUR RADIO CLUB

SUMMUTS ON THE AIR (SOTA) NEWS



SOTA FIELD DAY PHOTOS

CLICK HERE

 

SECUNDA RADIO CLUB (ZS6SRC) - SOTA NEWS

16 JUNE 2011 - SOTA @ WAKKERSTROOM

Thank You Christo (ZR6LJK) & family, Tom (ZS6TMO), Willie (ZS6WBT) and all the stations who did answer our calls and did put in a lot of effort to make contact with us. The wind was very very strong that day, so we decided to rather have a braai back home at Secunda.

SEE PHOTOS (Click here)

 


SECUNDA RADIO CLUB (ZS6SRC) - SOTA NEWS

6-9 AUG 2011 : SOTA @ SANIPASS (4 x Activations)

 

The following activations will take place:

6 & 7 August 2011 - ZA/KN010, ZA/KN011, ZA/KN032

(Moshoeshoe's finger and the two Hudson peaks, north and south)

AND 8 & 9 AUGUST 2011 - ZA/FS002 At Golden Gate

(Generaalskop)

!! (CLICK HERE FOR MORE RECENT INFO ABOUT THE SOTA EXPEDITION) !!

!! THANKS GUYS FOR YOUR SUPPORT & CONTACTS DURING THE SOTA !!

Frequencies
3.720 Mhz SSB, 7.080 Mhz SSB, 14.160 Mhz SSB  asook 144.300 Mhz SSB (2M)
(Coms between Mobiles: 145.500 Mhz FM)

!! PHOTOS (click here) !!

 


SECUNDA RADIO CLUB (ZS6SRC) - SOTA NEWS

21-25 March 2012 : SOTA @ SANIPASS

(1 x Activation)

 

!! THANKS FOR THE CONTACTS DURING THE SOTA !!

 

Die pad na Katse dam is baie mooi en die damwal toer is nogal insiggewind.
 
Die kampterrein by die dam is basies.
 
Die pad na Sani pas was iets besonders en het die term slegte pad herskryf in verwysings raamwerk. Ons het die 180km in net onder 15 ure voltooi! ons het om 21:30 in gietende ys reen by Sani top aangekom.
 
Die volgende oggend was die weer ongelooflik mooi en ons het uitbeweeg na die Twaalf apostels piek, KN035, die stasie opgeslaan en begin CQ SOTA roep.
Die lug was eers baie stil en na n ruk het ons lekker besig geraak.  Terwyl die staties duidelik gehoor kon word het wolke oor ons inbeweeg en het ons die stasie opgeslaan net betyds om die reen vry te spring. 
 
Die volgende dag is ons gegroet met baie digte mis en kon ons nie die volgende piek aktiveer nie.
 
Dit was die einde van die SOTA en ons teen SANI pas af beweeg.
 
Groete - Christo

!! PHOTOS (click here) !!

Frequencies
3.720 Mhz SSB, 7.080 Mhz SSB, 14.160 Mhz SSB  asook 144.300 Mhz SSB (2M)
(Coms between Mobiles: 145.500 Mhz FM)

 


SECUNDA RADIO CLUB (ZS6SRC) - SOTA NEWS

16 JUNE 2012 - SOTA @ VAN COLLERSKOP

(ZS/MP-015)

!! THANKS FOR THE CONTACTS DURING THE SOTA !!

Ons het op kort kennisgewing besluit om die eerder na Van Collerskop te gaan as Bloukop. Die rede was, ons was maar skrikerig vir die koue weer by BLOUKOP wat baie koud kan raak veral as die wind eers begin waai.

Die vraag wat gevra kan word is hoekom 'n Sota op Jeugdag?? Ons hoop om Sotas aan die jeug bekend te stel en om Sota te bevorder saam met Radio Amateur as stokperdjie.

Ons het later as verwag hier vertrek en besluit om die korter roete (grondpad) te volg na ons bestemming. Dit het vinniger gegaan behalwe dat ons 'n haluur by padwerke moes wag. By Van Collerskop aangekom moes ons eers by die boer rapporteer wat vir ons die hek oopgesluit het om op te ry na die koppie.

Wat 'n dag, fantastiese weer, baie kontakte en wat ons verbaas het was ons 2M 'simplex' en SSB en 70cm kontak na ZS6A in Kempton Park. Ons het ook via Echolink in Secunda 'n kontak gewerk met ZS6YI in Vereeniging. Die HF was 'n bietjie raserig maar ons kon darem heelwat kontakte op HF ook werk.

Soos tradisioneel is die Sota afgesluit met 'n braai.

Na die braai en daar opgepak is is daar besluit op die kortste roete terug huistoe en die grondpaaie is weer aangepak. Almal het veilig tuis aangekom.

Dankie aan almal wat kontakte gegee het asook die groep wat die Sota meegemaak het.

 

!! PHOTOS (click here) !!


SECUNDA RADIO CLUB (ZS6SRC) - SOTA NEWS

21 March 2013- SOTA @ Koppiealleen and Perdekop

(ZS/MP014 & ZS/MP013)

!! WE NEED YOUR CONTACTS DURING THE SOTA !!

More, almal word uitgenooi vir die eerste 2013 SOTA , dit is drie dae voor die lug oor Perdekop gaan warm word van al die HF op die twee koppies naamlik Koppiealleen en Perdekop.

Koekies ken gelukkig die mense van die omgewing en is druk besig die hekke oop te maak.

Ek sal n multiband all mode radio 160m-70cm 20W maks saam neem asook n 2m 3element beam.

Hoffie(ZS6BAB) kan jy die SOTA antenna bring asb en die Alinco

Gert(ZS6GC), indien jy nog daardie 2m/70cm antenna het sal dit n bonus wees.

Lucas(ZS6ACT) kan jy asb die staatmaker 817 saambring asb.

Op hierdie manier kan ons HF, 2m en 70cm werk gelyktydig.

Ons kan so 07:00 uit Secunda vertrek Lucas gaan seker direk Standerton toe ry.

Ons kry vir Koekies(ZS6CK) dan so 07:30 by Standerton bakery (as julle ingaan sal julle verstaan hoekom ons mekaar daar kry).

Koekies gaan die amateur gids wees vir die uitstappie. Baie dankie Koekies.

Koekies se gade gaan ook foto’s neem van die torings en maste op die twee koppe en sal seker so paar van ons ingooi ook.

Teen 09:00 behoort ons reg te wees vir die eerste kontakte op Koppiealeen tot so 10:30.

Dan beweeg ons aan na Perdekop en sal ons weer 12:00 tot 13:30 gereed wees vir n paar kontakte.

Monitor die konvooi frekwensie op 145.525 simpleks en 145.700 standerton herhaler, luister maar in op die Secunda SRC echolink ook vir status opdaterings.

Oppad huistoe sal ons gaan stop by Standertonkop om die brackets te meet vir die APRS installasie op 23 Maart 2013. Reelings kom later deur.

Laat my weet indien julle will saamgaan en of julle ook gaan “chase”.

Julle is welkom om vrae na my aan te stuur.

Onder is die google engelse teks.

All you are invited for the first 2013 SOTA event, it is three days before the air around Perdekop heats up, two  hills namely Koppialleen ZS/MP013 and Perdekop ZS/MP014 will be activated.

Koekies know the people of the area and is happy busy to open the gates.

I (ZR6LJK) will be a multi-band all mode radio 160m 70cm 20W max and 2m 3element beam.

Hoffie (ZS6BAB) can you the SOTA antenna please bring the Alinco

Gert (ZS6GC) if you that 2m/70cm antenna it would be a bonus.

Lucas (ZS6ACT) Please can you please bring the stalwart 817.

In this way we can HF, 2m and 70cm simultaneously.

We can go so 07:00 from Secunda but Lucas probably drove directly to Standerton.

We get for Koekies (ZS6CK) so 07:30 at Standerton bakery (as you enter you will understand why we get together there).

Koekies wiil act as amateur guide for the trip. Thanks Koekies.

Koekies spouse will also take pictures of the towers and masts on the two hills and maybe a few of us if we behave.

At 09:00 we should be ready for the first contacts on Koppiealleen until 10:30.

Then we move to Perdekop and 12:00 to 13:30 will be ready for some contacts.

Monitor the convoy frequency 145,525 simplex and 145,700 Standerton repeater, also listen for status updates on the Secunda SRC Echolink.

Way we will go home stop at Standertonkop to the brackets measure for the APRS installation on 23 March 2013. Arrangements come later.

Let me know if you will go and whether you will "chase".

You are welcome to send questions to me.

 

Groete/Kind regards,

Christo – ZR6LJK (christo.kriek@sasol.com)

!! PHOTOS (click here) !!

Winter SOTA na Graskop ZS/MP010 en Verkykkop ZS/MP009 – ZS6SRC
Deelnemers welkom kontak Christo ZR6LJK.

Vrouedag 9 Augustus 2013 is die datum vir n SOTA na die Volksrust omgewing.  Tans neem Gert, Hoffie Willie en Christo deel aan die SOTA.
Die beplanning is om op 40M, 6M, 2M en 70cm te werk.
Die reelings is sover dat ons vertrek om 07:00 uit Trichardt na Ermelo en daarna in die rigting van Amersfoort, vanwaar ek die grondeienaar sal skakel sodat hy ons teen die kop kan begelei.
Na die Graskop aktivering vertrek ons na Verkyk kop vir nog n aktivering en middag ete, hopelik kan ons goeie punte gee vir die YL sprint oor dieselfde dag.
Vrydag aand oornag ons by die 3 provinsies gaste plaas en 4x4 roete. Saterdag oggend maak ons lekker ontbyt en verken die 4x4 roete.
Later die middag keer ons terug huistoe vir n lekker rustige aand en stil Sondag vir herstel.

 

!! PHOTOS (click here) !!

ZS6SRC September 2013
SOTA na Hodson’s Peak North ZS/KN-011, Hodson’s Peak South ZS/KN-010, en Magaliesberg ZS/NW001


Ter viering van die aanbreek van lente en die tiende verjaarsdag van SOTA in Suid Afrika gaan die Secunda Amateur radio klub twee SOTA uitstappies onder neem stappie na die tiende en elfde hoogste SOTA pieke in Kwazula Natal en die eerste SOTA  piek in Noord Wes provinsie.
Die datum  is die langnaweek van 20 tot 24 September 2013. Die bevestigde deelnemers is ZS6ACT, ZS5AYC, ZS5APT, ZS6WBT en ZR6LJK, ook bevestig is die volgers ZS6BAB, ZS6GC en ZS6TMO. Laat my asb die name en roepseine weet van die ander deelnemers wat ek nie nou kan onthou nie.
Alle beplanning is afhanklik van die weersomstandighede.  Sover moontlik sal opdaterings op die SARL forum blad geplaas word.
Beplanning sover beloop dat op Sondag oggend vanaf 10:00 tot 14:00 sal ons die Hodsons pieke aktiveer op 40M met QRP krag, frekwensie behoort 7090 tot 7060 rond te wees afhangend van spasie tussen die bulletins en gesels groepe.
Hierdie naweek sal daar ook gepoog word om die eerste piek in Noordwes provinsie te aktiveer naamlik Magaliesberg ZS/NW001.  Magaliesberg is die hoogste SOTA piek Noord Wes provinsie en Willie ZS6WBT is die amateur wat die vir ons die piek gaan beman.
Verder sal daar ook gepoog word om n SOTA aktivering van Moshoeshoe’s Finger ZS/KN-032 te doen op Saterdag middag 21 September 2013 vanaf 13:00 to 17:00. Luister asb uit op 7060 tot 7090 vir die roep vanaf ZR6LJK.
Reis en verblyf reelings word deur almal individueel getref, ons kom bymekaar so 09:00 in die SANI TOP verblyf se kuier area op Sondag oggend 22 September 2013. Die Noord Wes span onder leiding van Willie ZS6WBT sal plaaslik reelings maak op die Rustenburg 2M herhaler vanaf Vrydag middag 21 September 2013 en Sondag oggend 07:00 versamel by Bergheim vakansie oord.
Sien die fotos onder aangeheg.

73’s

Christo – ZR6LJK (christo.kriek@sasol.com)

 

Foto 1: KZN pieke

 

Foto 2: Noord Wes pieke

 

SOTA IN SOUTH AFRICA


SOTA - RSA


SOTA


SOTA RESULTS & DATABASE